'n Paar dae gelede het ek 'n lang gesprek met 'n paar ander Christene gevoer. Nie lank nie, of iemand vertel, hoe sleg dit met haar gaan. Ja, sy het al baie erger tye deurleef, wat niemand anders in hulle lewe sou wou deurgaan nie. Eers het ons meegevoel met haar gehad, wat haar skynbaar goed gedoen het. Maar dan bemerk ons, dat daar 'n groot bitterheid in haar was. Sy kon nie laat los nie, sy kon nie werklik vergewe nie. Dit vreet aan haar hart en uit die bitterheid het alreeds 'n groot stuk hoogmoed geword, nie net teenoor die wat haar iets aangedoen het nie, maar ook teen God self, wat toegelaat het dat sy daar deurgaan...
Sulke bitterheid, noem die Bybel sonde. Ons moet dit laat gaan en nie toelaat om te groei nie. Wanneer ons bitter is, raak dit nie net ander nie, dit vernietig in die eerste geval ons eie harte tot daar geen plek meer oor is vir liefde nie. As ons ander mense vergewe, help dit hoofsaaklik onsself om weer te versoen en vry te lewe.
Tog werklike vergifnis vra dat ons, ons hoogmoed vir nederigheid verruil. Ware grootte kom eers te voorskyn deur nederigheid, wanneer ons aan God sê: Ek weet nie waarom nie – maar laat U wil geskied. As ons, ons gerekende reg vir genade verruil, as ons werklik kan vergewe en vergeet, eers dan is ons werklik vry en kan ons gelukkig lewe.
Wat sleep jy nog met jou om? Watter las wil jy nog nie laat gaan nie? Bring dit voor die Kruis, waar die HERE alreeds alles vir jou gedra het.
Ek wens julle nog 'n geseënde dag