Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Sirkulêre Tesis

“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.”

Johannes 1:1
 

Daar is vir die bestaan van God, onder andere, ook 'n kosmologiese bewys. Dit sê dat alles wat bestaan 'n oorsaak het. En wanneer mens God as hierdie oorsaak sien en kan en wil erken dan het mens kwasie sy bewys vir die lewe in sigself. Maar vir die ongelowige, die kritik en die atheis is dit onvoldoende. Hulle aksepteer eerder dat iets uit niks ontstaan het as dat iemand (wat dit wou en kan) 'n begin gemaak het. Die “probleem” hierby is, dat mens doodeenvoudig hierdie begin as gegewe moet ag, naamlik daarvan moet uitgaan dat die oorsprong en uitgangspunt en die gevolg alreeds voorhande was en is. Naamlik God! Dit noem mens dan 'n sogenaamde sirkulêre tesis, waarmee mens altyd weer konfronteer word, wanneer mens een of ander persoonlik vasgestelde (geestelike) daadsaak begin argumenteer en verklaar. Hierdie het dan die gevolg van die onsinnige vraag, wie het God dan geskape? Is hierdie 'n swakpunt in die Woord van God? Nee, eerder die teenoorgestelde. As God hê dat mens Hom sonder twyfel en heeltemal helder moet erken en waarneem, het Hy vir ontwisbare bewyse gesorg, die selfs die grootste twyfelaar sou moes erken. Dit is nogtans nie so dat mens God nie kan erken nie. In Romeine 1:19-20 staan: “Omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;” Dit gaan in die kern oor openbaring. En inderdaad voor openbaring moet ons eers geloof hê, waarsonder ons God nie kan behaag nie. Hebreërs 11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.” God laat Homself nie deur 'n verstandelike of logiese manier verklaar nie, maar slegs deur openbaring. En dit bevat veel meer as net blote vir-waar-hou glo, wat niks bring nie (Jakobus 2:19) Hierdie prinsiep, of sal ons sê hierdie wil van God, kan mens ook in die Bybel in Jesus se antwoord aan Petrus erken.

Dit lees ons in Matthéüs 16:15-17 “Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar My Vader wat in die hemele is.” Mens kan dan ook sê, die sin en doel van die sogenaamde sirkelêre tesis, wat die ongelowige as bewys van ongeloofwaardigheid wil erken, is die feit, dat soos God aan die begin van alles staan, ook die geloof aan die begin moet staan, om ons in staat te stel om deur die daaropvolgende openbaringe die waarheid en God self te erken. En wanneer Christene dan kommunikeer, dat hulle inderdaad gered, verlos en aangeneem is, is dit iets, wat buitestanders weereens sien as slegs sirkulêre tesis logika. Maar dit is nogtans, en derhalwe waar. Dit is die werklikheid van die redding en vergifnis van ons sonde, as gevolg van God se genade in die Evangelie, wat vir die gelowige 'n inherente realiteit is en bly. Paulus skryf in Romeine 8:16-17 “Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.” So is vir ons die einde en doel van die geloof (ons ewige saligheid) nou al reeds bekend. Die Heilige Gees bevestig so te sê die sirkulêre tesis, daardeur dat Hy duidelik sê, dat die Leidsman en Voleinder van die geloof van God self Jesus Christus is (Hebreërs 12:2). Daarom kan so iemand ('n kind van God) ook nooit uit die hand van God geruk word nie. In Johannes 10:29-30 sê Jesus: “My Vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van My Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” Ons as Christene kan geen beter begin of beter einde wens nie. God het Homself op die aarde gesit – vir ons heil en Sy ere. Paulus skryf in 1 Korinthiërs 3:11 “ Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” Amen!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Circular Thesis
Zur deutschen Originalversion: Zirkelschluss


Next devotion: Bitter Wortels

Previous devotion: Hoe word jy 'n mens wat aan die brand is vir God


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration