Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Lewe as 'n Christen

“Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as Sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.”

Titus 2:11-14
 

Om te lewe soos 'n Christen, is om te lewe VIR Christus! Elke lere, sienswyse, verklaring, instelling, gewoonte ens., wat ons van Christus vervreem, die navolg van Christus krimp of verhinder, wat nie die liefde na God, na Jesus Christus en na ons naaste vorder nie, wat my nie voortdurend omwandel in Sy Beeld nie, is 'n valse lere, ongeag hoe dit genoem word, en ongeag welke standpunt dit aanneem! 'n Lewe in vrede met God is nie net vir spesiale Christene voorbehou nie. Mens kry net twee soorte van Christene: Die egte en die onegte! Die Bybelse maatstaf hiervoor is uitsluitlik die wedergeboorte (Johannes 3:5+8; Johannes 1:3). Uit God se sig gee dit net Christen en nie-Christen! 'n Godsalige lewe behels bo alles die genade van God, gevind in Jesus, wat verlossing meebring vir alle mense. Dit stel ons in staat om die goddeloosheid van die wêreld teen te staan. Dit bring in ons 'n nugter, geregverdige, God-vresende lewensstyl, tot stand. Waardeur? Deur die hoop van die heerlikheid en deur die Verlosser, Jesus Christus, Wie die reiniging vermoontlik het en vir Homself 'n rein volk uitkeur. Dit is ons, die gelowiges wat wedergebore is. Om te leef as Christen behels, bo en behalwe geloof, ook werke (Jakobus 2:14-26). Geloof en werke is onafskeidbaar. Dit is twee kante van dieselfde muntstuk!

Nêrens in die Bybel word gesê dat man geloof en/of werke uit eie krag moet bewerk nie, net dat hulle onafskeidbaar saam pas. Dit gaan kwasi oor die ingang in 'n moeitelose lewensiklus. Dit behels die liefde (1 Johannes 4:7-21). Daarvoor is ons geroep. Wie ware liefde ontvang, kan ook ware liefde gee. Werklike liefde ontstaan en lewe alleenlik deur die nuwe geboort uit God! Ons lees dit in 1 Johannes 4:18-19 “Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.” God het ons lief – vir wie het ons lief? Waardeur is ons in staat daartoe om dit te doen: innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid, die vrede van God, dankbaarheid, God se Woord, om te leer en mekaar te vermaan, te sing... (Kolossense 3:1-17). Die doel van die Gebod is liefde (1 Timótheüs 1:5). In Galásiërs 5:6 skryf Paulus “Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.” Daarom gaan dit hoofsaaklik oor 'n lewe as Christen – Romeine 13:10 “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” Amen.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Life as a Christian
Zur deutschen Originalversion: Leben als Christ


Next devotion: Die wil van die Verlosser

Previous devotion: Oomblikke


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration