Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Oomblikke

“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

Johannes 3:16
 

Voel jy ook partykeer so, dat jy jouself vra waarvoor jy lewe? Dat jy jouself vra, wat is die doel met dit alles? Ek het af en toe sulke oomblikke. Oomblikke wanneer ek baie treurig is. Oomblikke wanneer ek twyfel of enigiemand my werklik lief het. Oomblikke wanneer ek net eenvoudig baie eensaam voel. In sulke oomblikke help nie eers die herinneringe nie - herinneringe aan oomblikke van vreugde en veiligheid.

En in sulke oomblikke neem ek dan partymaal die Bybel en lees hoe eensaam Jesus gevoel het toe hulle Hom gekruisig het. Die een vriend het gevlug, die ander een het Hom verloën en Sy Vader het geswyg. Waarvoor? Waarvoor doen ek dit alles hier, het Hy Homself beslis gevra. En tog het Hy aangehou tot in die ewigheid “Vader in U hande gee ek My gees oor.” Jesus het vir ons daardeur gegaan. Vir jou en vir my. Hy is deur die pyn deur tot in die ewige lewe.

Dit is Hy wat altyd vir my daar is, 'n ewige Vriend. Om vir Hom te lewe is my lewe uiteindelik tog die moeite werd is. Hy het my lewe vir my met Sy eie Bloed gekoop en so is my lewe van waarde en het dit sin en wil ek dit nooit weggooi of versuim nie.

Dankie Broer Jesus.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Moments
Zur deutschen Originalversion: Momente


Next devotion: Lewe as 'n Christen

Previous devotion: Wanneer HY praat.......


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration