Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Maak die deur hoog

Maak hoog die deur, maak die hek wyd oop! Hier kom die Heer van Heerlikheid, 'n Koning van alle Koninkryke, 'n Verlosser van die hele węreld, wat redding en lewe bring, daarom juig en sing met bladskap: “Geseënd is my God, my Skepper ryk aan leiding!”

Georg Weissel (1590-1635)
 

Waarskynlik ken skaars enige van ons die Naam Georg Weissel – tog ken amper elke kind vandag nog sy lied.

Maak hoog die deur, maak die hek wyd oop!
Advent beteken “Aankoms”. Gedurende hierdie tyd wil ons onsself voorberei vir die koms van Jesus, op Sy geboorte in die stal in Bethlehem. Ons wil ons harte en deure oopmaak sodat Hy in ons lewe en in ons harte in kan kom.

Hier kom die Heer van Heerlikheid
'n Klein kind in 'n doek lę in 'n krip – en tog die HERE van hemelse heerlikheid! Slegs deur Hom kom ons eendag in die genot van die hemelse heerlikheid. Hy sal eendag vir ons die deur oopmaak.

'n Koning van alle koninkryke
Hy is die Heer hier en daar. Satan is verslaan, ook hier en vandag is Jesus alreeds die Koning van die węreld. Ook selfs sit baie hier nogsteeds hul vertroue in die verloorder, sedert die Kruis en Opstanding het ons, ons ewige Koning saam met wie ons eendag die węreld gaan regeer.

'n Verlosser van die hele węreld
Hy is die Verlosser, wat ons redding gebring het. Nie net vir ons nie, maar almal wat Hom aanneem kan Sy redding bekom. Hy het vir die sondes van die hele węreld gesterf.

Wat redding en lewe bring
Hy het nie net die redding gebring nie, Hy besorg ook vir ons 'n sinvolle lewe hier op die aarde waarop ons nog lewe. En dit is ook Hy wat vir ons die ewige lewe in God se Heerlikheid besorg. Net met Hom het ons die werklike lewe.

Daarom juig en sing met bladskap
Ja, dit is rede om bly te wees, te juig en te sing. Ons is nie meer verlore nie, wat kan met ons gebeur wat beter as dit is? Wie kan dan nog rustig in 'n hoek bly sit, sonder om sy stem te verhef?

Geseënd is my God, my Skepper ryk aan leiding
So laat ons God loof, wat ons geskape het en ons met Sy leiding die weg in die ewige heerlikheid wys! Aan Hom alleen behoort alle eer!

Met die Advent berei ons nie net voor vir die geboorte van 'n klein kind nie – daar is ook baie ander dinge wat daarmee gepaard gaan. Advent is die aankoms van God se genade en heerlikheid in ons lewens en op die hele węreld. Advent is die aankoms van dit wat ons van nuuts af met God verbind, wat die bond tussen God en die mense hernuwe en ons verewig verbind het.

Is jy bereid om hierdie nuwe weg te loop?

Ek wens jou nog 'n geseëende dag gedurende hierdie Adventstyd.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Make high the door
Zur deutschen Originalversion: Macht hoch die Tür


Next devotion: Hoe kom ek in die hemel?

Previous devotion: Christus of Muhammed


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration