Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die spot van die laaste dae

“Help ons, O God van ons heil, om die eer van U Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van U Naam. Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van U knegte.”

Psalm 79:9-10
 

God bedoel dit goed met ons. Alles wat ons deurmaak, moet sien en hoor, sal ons geloof nie behinder nie, maar eerder versterk. Ook hier dien alles tot ons beste, word alles ten goede werk (Romeine 8:28). Ons kan ook seker wees dat God ons nie dinge sal toemoedig wat ons nie regtig kan hanteer nie. Dat ons nogtans met onverstaanbaarheid en spot te doen het as Christene, is 'n feit wat ook nie in die geskiedenis van mense iets nuut is nie. Dink maar aan Noag en aan die tyd toe hy die ark gebou het en van elke kant af bespotting en veragting moes verdra. Netso sal dit weer wees (Lukas 17:26) en Jesus sowel as die Christene sal verwerp en uitgelag word. Ons hoef nie onverskillig te staan teenoor bespotting en verwerping nie, maar in stede van argumenteer, moet ons eerder bid en intervensie aan God doen om ons te versterk en Sy Naam te eer. So het selfs die spot van die wat nie verstaan nie by ons die reaksie en werking dat ons, ons geloof verteenwoordig (uitoefen) maar ook beter kan oordeel waar elke woord oorvloedig is (Matthéüs 7:6). Jesus het ook sulke teenstand ondervind. Toe Hy voor Herodes gestaan het, wat wou dat Jesus hom “vermaak”, en uit gemene motiewe vrae gestel het, het Jesus geswyg (Lukas 23:8-9). Petrus skryf in sy tweede brief, hoofstuk 3, verse 3-4: “Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van Sy wederkoms?” Dikwels is dit so dat mense probeer om dit waarvoor hulle, in die geheim, eintlik die meeste vrees het en dit waarvoor hulle geen antwoorde het nie, tot bespotting te maak. Dit beteken nie noodwendig dat Christene alles onmiddellik of ooit moet kan verklaar of verstaan nie, maar hulle is nie sonder verstaanbaarheid nie en kan geestelike dinge vir geestelike mense verklaar. Maar, daarvoor benodig mens ook bybelse kennis wat ons moet soek en wat nodig is om ons geloof optebou.

Paulus verklaar aan die Korinthiërs: “Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.” (1 Korinthiërs 2:12-15) Die natuurlike mens verstaan nie die werking van die Heilige Gees nie (1 Korinthiërs 2:14) en het ook geen respek daarvoor nie. Maar om die Bybel te verstaan en die samehang te erken, benodig mens die werking van die Heilige Gees van God. As dit net afhanklik was van ons intellekt, was veel meer mense van die Evangelie oortuig, want as mens dit op 'n suiwer logiese manier beskou, bied die geloof van die bybelse God veel meer as elke ander godsdiens, sielkunde of filosofie, en meer spesifiek: vrede, liefde, reiniging, ewige lewe, saligheid, 'n Hemelse woning, ens. Wie wil dit nie hê nie? Die Heilige Gees van God maak die waarheid en die skrif lewendig en aanvaarbaar. Ons moet nietemin ons verstand gebruik om die Bybelse verslae en briewe, soos dit daar staan, te verstaan en te leer. As enige iemand rekenskap vir ons gelowige hoop eis (1 Petrus 3:15) moet ons ook in 'n posisie wees om op 'n verstaanbare wyse te antwoord. Paulus het geskryf: “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord” (Kolossense 4:6). Baie spotters word dan miskien nadenkend en daar bestaan 'n kans, dat die saad van die Woord van God, wat ons vriendelik weergee, ook op vrugbare grond sal val, in sy tyd.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Mocking in the last days
Zur deutschen Originalversion: Der Spott der letzten Tage


Next devotion: Wie val, verongeluk nie

Previous devotion: Nou is die tyd, nou is die uur


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration