Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Hoe word jy 'n mens wat aan die brand is vir God

“En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.”

Handelinge 2:42
 

Baie mense vind dit altyd maklik om die Here se Woord te leef en verder te vertel. Vir ander is dit baie moeilik, daar is geen moontlikhede daarvoor nie of hulle het nie die moed daarvoor nie. So word mens altyd meer onaktief en laat ander die werk doen. Wie kom mens uit hierdie dilemma uit? Mens motiveer jouself: Maar ons krag is beperk. Mens laat jouself deur ander se geesdrif aansteek. Maar ook hierdie invloed is geblus sodra mens uit die kreis wegbeweeg.

God sit ons aan die brand. Sy krag is endeloos. Beweeg Hy werklik elkeen? Partymaal het ons 'n tekort aan hartstog en is eerder lou-warm.

Die vers klink eenvoudig, maar daar is vier punte wat baie belangrik is.

Apostelopleiding: Die Woord van God as basis vir elke dag. Daagliks hoor ons hoe die oue nuut word. God gee ons oorleg wat ons aandryf, maar daar is weerstande wat veroorsaak dat die vuur nie ontvlam nie.

Gebed: Alleen, stil, hardop,.... Dit gaan nie oor die aangeleenthede nie, maar oor ons. Ons kan 'n masker dra voor ander, maar nie voor God nie. Daar moet ons eerlik wees en kan en mag ons verander.

Gemeenskap: Ons Christene het gemeenskap nodig. Groot byeenkomste is partymaal regtig goed vir ons. Maar ander kere het ons eerder stilte en 'n tweegesprek nodig om eenvoudig oor siels-dinge te gesels. Ons benodig leraars, kollegas, planners, organiseerders, bidders, beoordeelaars,... Hierdie lys is baie lank. Ons het mekaar nodig.

Breek van brood: Jesus moes sterf, om weer op te staan. Voor dit gebeur het, het Hy eers brood gebreek met die dissipels. Daarna het Hy brood gebreek met die dissipels by Émmaüs.

Dit is die fondament waarop God kan bou. Ons moet nie besorg wees en onsself vermoei nie. Elkeen moet in sy eie bekwaamheid vir sy wyk doenig wees. Dan sal hy snags tevrede bed toe kan gaan en in vrede slaap.

Ek wens jou vandag die krag en moed, om in jou bekwaamheid vir HOM daar te wees.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: How do you become a person who is passionate for God
Zur deutschen Originalversion: Wie wird man ein Mensch, der für Gott brennt


Next devotion: Sirkulêre Tesis

Previous devotion: Dankbaarheid en moed


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration