Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die Water Kringloop

“En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy? En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself. Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.”

Lukas 10:25-28
 

'n Ou bekende spreekwoord uit die volksmond sê: “Wat jy nie wil hê ander moet jou aandoen nie, doen dit ook nie aan ander nie”! Die omgekeerde geld ook: “Doen net dit aan ander, wat jy self wil hê dat hulle jou aandoen.” In Deuteronómium 6:5 lees ons dat jy die Here jou God moet liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag...en jou naaste...soos jouself! Wat het dit met die water kringloop te doen? Ons mense is in die algemeen taamlik blind of kortsigtig! Ons sien makliker die foute van ander as ons eie Matthéüs 7:3-5 “En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal!” Ons swakhede is nie as 'n reël 'n ander se swakhede of omgekeer nie! In ons eie sterkpunte veroordeel ons maklik 'n ander se swakhede in stede van om hom te help! Kan hierdie negatiewe kringloop, as dit eers aangesteek is, deurdring word? Die enigste heilmiddel hiervoor is die vergewing Matthéüs 18:21-22 “Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.” Dit verg grootmoedigheid en nederigheid om jouself klein en daardeur ook kwesbaar te maak.

Die enigste teenmiddel teen die bose is vergifnis. God is soewerein! Hy dryf alles, ook die mense Amos 3:7 “Want die Here doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” God vergeet my nie, Hy sorg vir my tot in die kleinste detail. Matthéüs 10:26-31 “Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.” HY sal binnekort reg doen aan my... (Lukas 18:1-8) Ons moet inderdaad alles tesame met God doen, en dit doen in vertroue op Hom Kolossense 3:17 “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Hierdie is 'n handelings kringloop soortgelyk aan die een van die water kringloop. En dit bring ons tot die sekerheid: Die Christendom is nie bloot spekulasie of teorie nie!

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The Water Cycle
Zur deutschen Originalversion: Der Wasserkreislauf


Next devotion: Waar is jou vrede?

Previous devotion: Die Here is my Herder


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration