Geliefdes, hierdie Psalm begelei my al 'n baie lang tyd; sedert my vroegste kindheid beroer dit my hart en ek wil dit vandag saam met julle bid:
'n Psalm van Dawid.
Die HERE is my Herder; niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Ja, Jesus, U is die EEN goeie Herder, wat altyddeur 'n blik op ons hou sodat ons nie verlore gaan nie, wat ons in vrede bewaar en ons lewensdors stil.
Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.
Ja, Jesus, U skenk ons nuwe lewenskrag waaruit nuwe moed en 'n geskikte lewenspad ontstaan, omdat U altyd U Woord hou dat 'n goeie werk in ons voleindig word.
Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my.
Ja Jesus, al is dit ook op die oomblik hoe donker in ons lewens, al gaan ons ook deur uitdagings en hewige stryd, U is ons Troos en ons Barmhartigheid, in U arms durf ons altyddeur seker en veilig voel. Al verlaat almal ons, U bly!
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders;
U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
Ja Jesus, U versorg ons wanneer ander ons niks gun nie of ons net kwaad toewens. U gee dit as teken, nie omdat ons beter as ander is nie, maar deur U genade. U sorg, dat uit al ons onvergenoegde struwelinge, seëninge ontstaan wat ander sal sien en juis daaraan sal erken dat U ons HEER en Herder is. Dankie Jesus dat U beloftes tot in alle ewigheid geld. Amen!
Wees gesëend in alle julle weë.