Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die Boodskap van die Kruis

“Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”

1 Korinthiërs 1:18
 

Daar is mense wat die geloof aan God en die byeenkoms van gelowiges positief, nuttig en goed vind. Nogtans wil hulle self niks met Jesus Christus en die Kruis te doen hê nie. Daar is selfs sommige mense wat aan die nagmaal deelneem as huldeblyk aan die dood en opstanding van Jesus sonder om enige innerlike aandeel daaraan te hê (1 Korinthiers 11:28-30). Hulle verontagsaam die betekenis van wat op Golgotha gebeur het en neem deel aan die nagmaal in gehoorsaamheid tot die wet. Daar is mense wat sê dat die geloof aan God en die geneiging tot godsdienstigheid daartoe bydra dat mens se lewe sowel as die dood makliker word. Dit is absoluut onmoontlik om hierdie mense van hulle arrogante, selfvoldane, oppervlakkige lewe te oortuig. Dit is beslis nie verkeerd om te sê dat geloof mens op verskillende maniere en veral in jou sterwensuur sal help nie. Maar as niks meer as net dit daarmee gepaard gegaan het nie, sou die geloof aan God geklassifiseerd gewees het as 'n erbarmlike sinusme en 'n tragiese vertoning sonder 'n gelukkige einde.

Die Boodskap van die Kruis is nie 'n psigo-vertoning of 'n eiehulps program vir mense wat, te midde van lewens-krisisse en die ewige strewe na erkenning en materialisme, net eenvoudig nie die sin van die lewe kon sien nie. Dit is waar dat God die wat swak is in die wêreld vir geloof uitverkies het (1 Korinthiërs 1:27). Ons, as Christene kan dit betuig. Maar God kan nie naby wees aan mense wat hulself as slim, sterk, wys en beterwetig beskou en van mening is dat hulle die rede vir alles ken nie. Is dit wys om aan God te glo sonder om te weet waarom? Is dit intelligent om die geloof aan God se goedheid te wen maar jouself opsetlik daarvan af te sonder? Die meeste mense sê nie met opsig “nee” vir God nie, maar elke persoonlike uitwerking wat deur die belydenis en verlossing tot stande kom in ons, is 'n doring in die vlees. 'n God wat Mens word en Homself opoffer om die prys te betaal vir ongeregtigheid van ander (Johannes 3:16)? 'n God wat Homself laat bespuug en laat kruisig en deur Sy dood en Opstanding die weg in die hemel vrymaak? Baie mense beskou dit as dwaasheid en vir hulle is dit selfs aanstootlik! Jesus sê in Lukas 7:23 “...salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.” Dit gebeur selfs meermale dat mense aan die idee gewoond raak dat God Homself op die een of ander wyse ten slotte in alle gelowe openbaar. Jesus sou dan eerder 'n Godsdiens-stigter gewees het, miskien selfs 'n profeet en doodeenvoudig 'n “ hoogstaande moralis”. Niks meer nie. En wat Jesus vandag vir baie opregte Evangelie-gelowiges beteken, is vir baie mense slegs die gevolg van 'n goeie bestuurs en besigheids tydperks-getuie van Jesus Christus. Treurig maar waar. Die woord van die waarheid is slegs te vinde in die Evangelie (Efésiërs 1:13) en is vir almal wat daaraan glo 'n saligheid.

Daar is 'n skeiding van geeste te vinde in Jesus Christus.

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The Message of the Cross
Zur deutschen Originalversion: Das Wort vom Kreuz


Next devotion: Die Here is my Herder

Previous devotion: Vakansie tyd – 'n tyd om jouself weer te ontdek


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration