Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Vakansie tyd – 'n tyd om jouself weer te ontdek

“En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?”

Eksodus 33:14
 

In die somer is baie mense in 'n vakansie stemming. In die vakansie het ons die moontlikheid om weg te breek van ons daaglikse routine af. Alles is anders in die vakansietyd. Ons verken vreemde lande en ontmoet nuwe, interessante mense. Daar kan ons, onsself net eenvoudig laat gaan en so regtig ontspan. Maar dis nie net ons liggame wat rus en ontspanning benodig nie. Die gees en siel benodig ook vakansiedae. Die vakansie is 'n goeie moontlikheid om nie net ander vêrre lande te leer ken nie, maar ook om onsself nuut te ontdek, onsself vrae te stel.

Lewe ek so, soos ek my voorgestel het? Of laat ek toe dat uitwendige invloede my lewe beheers? Laat ek toe dat my omgewing 'n bepaalde lewensstyl op my afdwing? Hoe spandeer ek my tyd? Kan ek my tyd meer waardig indeel? Het die familie en omgang met vriende nog plek in my alledaagse lewe? Of het ek 'n slaaf geword van baie afsprake en verpligtinge?

Die vakansietyd kan 'n tyd vir vrede en bepeinsing word. God het ons hierdie vrede gegee. Ons behoort gereeld 'n tyd vir oorweging te maak sodat ons, ons Skepper nie vergeet nie, sodat ons onsself daaraan kan herriner dat ons liggaam en siel deur God aan ons geleen is en dat ons verantwoordelik, bewus en versigtig daarmee moet omgaan.

Dink tog eenvoudig maar in vrede daaroor na! Nut elke geleentheid beskikbaar gedurende die vakansie: Kerke, strande, woude, konserte, 'n wertvolle toespraak, 'n beeld meditasie... Ek stap graag op die strand en dink na oor God en die wêreld. Ek wens jou vandag 'n geseënde dag met tyd om jou battery te herlaai, om te ontspan....

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: Holiday time – a time to discover yourself again
Zur deutschen Originalversion: Ferienzeit - sich selbst wieder einmal neu entdecken


Next devotion: Die Boodskap van die Kruis

Previous devotion: Die Noue Poort


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration