Christelike oordenkings in die Daily-Message

Christelike oordenkings in die Daily-Message

Die wil van die Verlosser

“Daarop het Jesus buitentoe gekom, met die kroon van dorings op sy kop en die pers jas aan. Pilatus se vir hulle: “Daar is die mens!”

Johannes 19:5
 

Jesus was 'n volkome Mens op die aarde (Filippensse 2:7). Hy het nooit Sy Goddelikheid verloor nie maar Hy het nie nodig gehad om Sy Goddelike natuur op Sy aardse missie te gebruik nie. Die Seun van God het Homself leeg gemaak en Homself gelyk aan die mens gemaak en daardeur net so kwesbaar geword soos elkeen van ons. Jesus se woorde, dade en wonderwerke is bewerkstellig deur Sy geloof in Sy Vader, die Almagtige God. Wat die Vader ookal doen, dit doen die Seun op presies dieselfde wyse (Johannes 5:19). Jesus het nie net eenvoudig Sy eie wil gedoen nie, Hy het niks gedoen wat buite die wil van Sy Vader was nie (Lukas 22:42). Daarom het ons ook, deur ons geloof in Jesus Christus, toegang tot God deur God se liefde vir ons (Johannes 16:27-28). In Sy menslike vorm op die aarde het Jesus dieselfde gevoele, soos byvoorbeeld angs, ervaar. Hy was heeltyd bewus van Sy end doel – wat van Hom verwag was – waarom Hy aarde toe gekom het (Mattheus 26:39). Wat het Jesus, ten spyte van Sy angs, beweeg om toe te laat dat hulle Hom slaan, op Hom spoeg en Hom ten einde kruisig? Was dit omdat Hy Sy Vader nie wou teleurstel nie? Was dit omdat Hy net eenvoudig wou hê dat hierdie tragiese gebeurtenis tot 'n vinnige einde moet kom? Was dit omdat Hy wou hê dat 'n monument in Sy Naam gestig moet word? Al hierdie antwoorde is baie, baie vêr van die merk af! Ons vind die rede in Jesus' se eie gebed aan Sy Vader “Vader, Ek wil graag hê dat dié mense wat U aan My gegee het ook moet wees waar Ek is, dat hulle ook by My mag wees sodat hulle My heerlikheid kan sien, dié heerlikheid wat U aan My gegee het omdat U My nog voor die skepping van die wêreld liefgehad het.” (Johannes 17:24)

Jesus wou, uit Sy eie wil, opregtig en met agape-liefde dat Sy broers en susters in die ewigheid saam met Hom sou wees. Dit was alleenlik moontlik deur Sy absolute gehoorsaamheid teenoor Sy Vader tot die dood toe, selfs tot die kruisdood toe! (Filippense 2:8) Golgota (wat beteken “Kopbeenkoppie) (Matteus 27:33) was die enigste manier waarop Jesus ons ewige lewe met Hom kon verseker. Dit het Jesus se hart gebreek toe Sy Vader Hom op die kruis verlaat het vir die sonde van die hele mensal. (Matteus 27:46) Dit is belangrik om te begryp wat dit vir Jesus beteken het. 'n Groot ontsetting en benoudheid het oor Hom gekom. Sy siel was tot in die dood bedroewig. (Matteus 26:38) Dit was die mees ondenkbare gebroke hart wat mens jou kan voorstel – absoluut onmenslik! Dit was nie die fisiese pyn op die kruis wat Jesus se dood veroorsaak het nie, maar Sy bedroefde, gebroke hart. Jesus het aan Sy missie geglo en het geweet dat Hy die taak wat Sy Vader Hom gegee het sou voltooi (Johannes 17:4). Maar die manier waarop Hy Sy taak moes voltooi was die grootste las wat enige mens nog ooit moes dra. Jesus het geweet dat Hy die dood sou oorwin en na drie dae weer sou opstaan. Jesus het ook geweet dat Hy, deur Sy voltooide missie, die bron van ewige redding vir die hele wêreld sou word (Hebreêrs 5:9). Ons enigste missie is om aan Jesus Christus as ons Verlosser te glo. Jesus het gesterwe en weer opgestaan – vir jou en my! Al wat altyd sal bly is geloof, hoop en liefde – hierdie drie dinge. Maar die grootste hiervan bly steeds die liefde – die liefde teenoor Christus en die liefde teenoor jou naaste. (1 Korintiërs 13:13)

(Translated by Linda Gates)

()


For questions and suggestions do not hesitate to send us your thoughts via Email!
© 2002-2024 by Daily-Message

This devotion is also available in English: The will of the Savior
Zur deutschen Originalversion: Der Wille des Erlösers


Next devotion: Wat is die Evangelie?

Previous devotion: Lewe as 'n Christen


Search inside the
Daily-Message
Loading

   

http://af.daily-message.com (table of contents) ~ Kannst du Andachten aus dem Deutschen übersetzen? ~ Andacht-Center - Devotion-Center ~ Impressum


Zur Administration