Voel jy ook partykeer so, dat jy jouself vra waarvoor jy lewe? Dat jy jouself vra, wat is die doel met dit alles? Ek het af en toe sulke oomblikke. Oomblikke wanneer ek baie treurig is. Oomblikke wanneer ek twyfel of enigiemand my werklik lief het. Oomblikke wanneer ek net eenvoudig baie eensaam voel. In sulke oomblikke help nie eers die herinneringe nie - herinneringe aan oomblikke van vreugde en veiligheid.
En in sulke oomblikke neem ek dan partymaal die Bybel en lees hoe eensaam Jesus gevoel het toe hulle Hom gekruisig het. Die een vriend het gevlug, die ander een het Hom verloën en Sy Vader het geswyg. Waarvoor? Waarvoor doen ek dit alles hier, het Hy Homself beslis gevra. En tog het Hy aangehou tot in die ewigheid “Vader in U hande gee ek My gees oor.” Jesus het vir ons daardeur gegaan. Vir jou en vir my. Hy is deur die pyn deur tot in die ewige lewe.
Dit is Hy wat altyd vir my daar is, 'n ewige Vriend. Om vir Hom te lewe is my lewe uiteindelik tog die moeite werd is. Hy het my lewe vir my met Sy eie Bloed gekoop en so is my lewe van waarde en het dit sin en wil ek dit nooit weggooi of versuim nie.
Dankie Broer Jesus.