Die warm dae van somer is nou al vir 'n geruime tyd verby. Die dik truie is uit die kas uitgehaal en die verwarmer is sedert 'n paar weke lank weer aangeskakel. As ek nadink is dit nog net twee maande voor Kersfees, so nie meer lank voor die eerste sneeu weer val nie.
Die aande is weer vroeg donker. Dit is die duister dae van herfs. En net soos die seisoene verander, verander my gevoelens en stemming ook. Partymaal is my stemming lig en opgewek en ander kere weer koud en duister.
My verhouding tot God is ook nie altyd dieselfde nie. Ook hier is daar hoogtes en laagtes.
Hoe goed is dit dan dat ons 'n God het wat self al hierdie gevoelens ken en deurgemaak het. Van die vreugde oor die skepping, die bedroewige tyd oor die sondeval, die kruisiging van Sy enigste Seun, tot en met die vreugde oor Jesus se opstanding.
Hierdie God kan ek loof en met jubel prys, maar ook in my woed en droef aanskree en bepleit.
In Hom wat alles self beleef het, vind ek altyd weer 'n liefdevolle Vader wat my verstaan en my altyd bystaan.
God, ek dank U, dat U vir my daar is.